Sportdagboek
2011-02-03
KRIEKET * In Saterdag se Jive 20Twintig A-liga wedstryde pak Young Peoples vir Paarl, Coronations vir Wellington en Paarl-Oos vir Maties. In die B-liga speel Bergrivier teen Ceres en Drakenstein Edu teen Worcester United. In Sondagoggend se streek-kompetisie speel Sentraal I teen Wes-Boland en Akademie teen Sentraal 1B. In die middagwedstryde speel Akademie teen Wes-Boland en Noord-Boland teen Sentraal 1A. ) RUGBY * Riverstones oefen elke Dinsdag en Donderdag vanaf 18:00 op die New Orleans Krieketveld. Skakel John-Arthur Goetham by 072-243-3436. * Young Standards se oefeninge en is elke Dinsdag- en Donderdagaand in die gimnasium. Skakel vir Lee Scholtz by 082-598-5805 of Henley Goliath 079-526- 7035 vir meer besonderhede. Die algemene jaarvergadering word gehou op 22 Februarie om 19:00 te Ebenezer Laerskool gevolg deur ’n gedenkdiens op Sondag 13 Maart by die Bethal Congregational Kerk. * Vineyards Rugby Club practises every Tuesday and Thursday at 18:30 at the Dal Josaphat Stadium. The club will host a practice camp at Gordon’s Bay naval base early in February over a 3 day period. Contact head Aslam Abrahams on 083-234-3988. * Franschhoek Rugbyklub is reeds besig met oefeninge op Maandae, Dinsdae en Donderdae (18:30). * Allandale oefen om 18:00 op Dinsdae, Woensdae en Donderdae by die gevangenis. Kontak Mike by 079-189-8647 of Lionel by 082-212-6319. * Young Gardens se junior spanne oefen by Paarlzicht Primêr op Dinsdae en donderdae ( 17:00). Die senior spanne se oefeninge het reeds begin op Daljosafat se E veld Dinsdag en Donderdag om 18:00. Kontak Ivor van Schoor by 082-4322-966. * Windmeul United Rugbyklub se oefeninge is Dinsdae en Donderdae om 19:00 by die Windmeul Primêre Skool. Skakel Jannie Williams by 083-627-9576 vir meer inligting. * Lower Paarl (Blues) Rugbyklub se oefeninge begin is by die New Orleans-velde. Vir navrae, skakel met Adam Petersen by 071-957-1223. * Wellington CPUT Rugbyklub se amptelik oefeninge het reeds begin, voorlopig op Maandae, Dinsdae en Donderdae van 19:00 tot 20:00. Die algemene jaarvergadering vind plaas op Dinsdag 15 Februarie om 20:00 in die klubhuis. Vir enige navrae, kontak hoofafrigter Oloff Bergh by 084-620-3981 of Johan Kotze by 084-776-8938. * Violets RFC se oefeninge is van Maandae tot Donderdae (18:00) by Paulus Joubert Sekondêr. Kontak vir Ashley Raubenheimer by 079-767-6046. * Hillcrest Rugbyklub se oefeninge te Pelikaan-sportvelde is Maandae tot Donderdae vanaf 19:00. * Paarl Rugbyklub se oefeninge by die Boy Louw-velde is op Dinsdae en Donderdae (18:30). Vir meer besonderhede, skakel 021-872-3317. Alle onder 20 rugbyspelers wat by dié klub wil speel, word versoek om die nuwe afrigter, Morné Kershoff, vanaand om 17:00 by Paarl Rugbyklub se klubhuis in Markstraat te ontmoet. ’n Nuwe kompetisie waarin die span gaan speel, sal ook bekend gestel word. Die span oefen elke Dinsdag en Donderdag om 18:30 op die Boy Louw-velde. * Roses United se oefeninge geskied elke Maandag, Dinsdag, Woensdag en Donderdag op Pelikaanpark (18:30). Die span se vriendskaplike wedstrydprogram is as volg: 5 Feb Wesbank - Sewes (weg), 19 Feb Valsbaai (tuis), 26 Feb Bonnievale (tuis), 5 Maart: Belhar (weg) en 12 Maart oefenkamp. * Albions oefen Dinsdae en Donderdae om 18:00. Skakel vir Stevie by 073-419-8476. ) NETBAL * Die Paarl Netbalklub se oefeninge is op Maandag en Donderdag om 18:15 op die Zanddrift-bane. Alle belangstellendes kan Annelie Lucas by 083-377-2232 of Bennie Saayman by 083-462-6311 skakel. ) VEERPYLTJIES * Die Drakenstein veerpyltjie-vereniging (DDA) hou hul eerste fondsinsameling op Saterdag 12 Februarie in die vorm van “Bring a friend double darts” -kompetisie. Toegangsgeld is R20 per persoon en dit begin om 14:00 by die Ambagsvallei binnenshuise sentrum (Groendakkies). Kontak Maxie Keet by 073-866-0583 of Mervin Isaacs by 082-315-5206 vir meer inligting. ) SOKKER * Doolhof Warriors United hou op 19 Februarie ’n Valetynsbal by die Doolhof Landgoed. Bespreek vroegtydig by Damon Jagman (073-852-3646). Sondag speel hulle in ’n wegwedstryd teen Bonteboks. Vervoer kos R5.
More
News
|