Liefdesroete
2011-02-03
DIE Hoër Meisieskool Paarl bied met trots hul jaarlikse Liefdesroete op 9 en 10 Februarie aan. Die roete begin op die skool se hokkieveld en daar is ’n verskeidenheid van kuns, kultuur, binnenshuise versiering en meer om te ervaar by verskillende wonings op die roete Die uitstappie eindig weer op die hokkieveld waar daar ’n dansbaan onder die sterre sal wees met ’n verskeidenheid van stalletjies. Almal kan piekniekmandjies pak en dit op die hokkieveld kom geniet en deel in die atmosfeer. Kaartjies is beskibaar by die skool se finansieskantoor teen R50 per persoon en sluit ’n piekniekboksie en glasie sjampanje in vir volwassenes en sap vir die kinders. Kontak Carla van Staden by 021-872-1730.
More
News
|