Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergrivier klop die koringboere

Bergrivier klop die koringboere
 
2011-02-03


BERGRIVIER se eerste krieketspan het Saterdag op Weltevredepark sy eweknie van Piketberg met 51 lopies geklop.

Die tuisspan het eerste gekolf en 232/7 aangeteken in sy toegelate 45 boulbeurte. Randall April (104 9x4 3x6) het sy 143* van verlede week met nog ’n uithaler kolfvertoning opgevolg.

Charlton Manuel (36 2x4) en Junaid Cassiem (25 3x4) het die ander noemenswaardige kolfvertonings gelewer.

Piketberg is ná 40,2 beurte uitgehaal vir 181. Ashwill de Vries (8.2-1-37-4) en Ryan Mouton (7-1-31-3) was Bergrivier se suksesvolste boulers.

Die Wellingtonners het ook Sondag met Malmesbury afgereken. Die Swartlanders is almal uitgehaal vir 186 ná 43,1 beurte. Hulle was 33/6, nadat Bergrivier se groot held, Ryan Mouton, ’n driekuns aan paaltjies behaal het.

Maar Piketberg se Donovan Dudley (42 3x4 3x6) en Llewellyn Koopman (44 3x4) het hulle van ’n goeie loesing kom red.

Mouton kon uiteindelik spog met ’n boulontleding van 4/23 in 8 beurte, waarvan 1 leeg was. Hy is goed bygestaan deur Fabian Arendse (6.3-1-30-4).

Die tuisspan het min moeite ondervind om die wentotaal (187/4) te behaal, danksy goeie kolfvertonings deur Junaid Cassiem (50* 5x4), Randall April (40 6x4 , 1x6), Arendse (28 3x4) en Aqeeb Douman (20 3x4).

Die eerste span speel Saterdag teen Ceres tuis (Pro-20) en die tweede span speel eers op 19 Februarie tuis teen Paarl-Oos II.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za