DIE Ware Evangelie Pinkster Kerk hou ’n Gospel-veldtog vanaf 6 tot 13 Februarie agter die ou polisiestasie in Paarl-Oos met die tema ‘Wonderlike dinge is besig om te gebeur’.
Dit skop op 6 Februarie (17:00) af met die inwyding van die kerk se nuwe tent. Vanaf Maandag 7 Februarie tot Saterdag 12 Februarie vind die dienste plaas om 19:00 en op Sondag 13 Februarie begin dit om 17:00.
Vir navrae, skakel pastoor Gaby Antonie by 082-642-9737.