’n GRATIS verskeidenheidskonsert vir seniors burgers bo 60 jaar word op Woensdagaand 9 Februarie om 19:00 deur Paarl Rotariërs aangebied in die Paarlse stadsaal.
Hulle sal vermaak word deur Bram Potgieter en Vriende en verversings sal bedien word.
Bespreek jou plek vir dié gratis konsert teen 5 Februarie by Kaufie Kaufman (083-325-6603).