Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunstige kinders

Kunstige kinders
 
2011-02-03

Liezl Davids

AMANDA LE ROUX van die Paarl is onlangs aangewys as een van Lééf-tydskrif se “Wys jou Hart” finaliste.

Le Roux, ’n voormalige-onderwyseres van Laerskool Courtrai is deur haar man, Roelf, genomineer.

Sy is die eienaar van die Crafty Kids franchise sedert 1994. Vanjaar vier Crafty Kids in die Paarl hul 20ste verjaardag.

“Ek kon nie glo dat ek een van die finaliste is nie. Ek het op my bed gaan lê en deur die tydskrif geblaai toe ek sien ek is’n finalis. Ek was so opgewonde!

“Toe ek uit die onderwys getree het, het verskeie ouers my gevra om vir hul kinders kunsklasse te gee. Omdat ek self baie lief is vir kuns het ek besluit om dit te doen.”

Vir 12 jaar het Le Roux verskeie kunsklasse geneem en kan sy nou haar kennis met die kinders van Crafty Kids regoor die land deel.

Daar is meer as 50 takke landwyd en Le Roux stuur gereeld vir almal nuwe idees om in die klas aan te bied.

Klasse word ná skool vir kinders vanaf 6 tot 13 jaar aangebied.

Le Roux het vanjaar 120 kinders vir wie sy klasse gee.

Volgens Le Roux moet sy by bly met wat in die “kinderwêreld” aangaan om klasse interessant te hou.

“Oral is kompetisie, maar hier kan hulle hulself net geniet. Hulle weet hier maak ons net mooi goed.”

By Crafty Kids word kinders blootgestel aan bykans elke kunsmedium.

Crafty Kids verskaf die materiaal en die voltooide kunswerk kan die kinders huis toe neem.

Die klasse duur vir een uur en word in beide Engels en Afrikaans aangebied.

Le Roux gaan tel selfs van die kinders by die skool op.

“So gee ’n mens weer terug aan die gemeenskap.”

Vir navrae, skakel 021-863-1437.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za