Paarl-Oos wen op drafstap
2011-02-03
IN Saterdag se 45-boulbeurt liga-wedstryd teen Stellenbosch en Distrikte het Paarl-Oos baie maklik met 8 paaltjies gewen. Paarl-Oos beklee nou die derde plek in dié liga. Die Stellenbossers het eerste gaan kolf en kon net 107 (almal uit) aanteken. Dit is hier waar Zynodean Fredericks (8,3-2-14-3) en Wayne Minnies (9-1-23-4) die Stellenbossers verwoes het. In die Paarliete se kolfbeurt het Keagan Petersen (45 2x4 n.u.n) en Jackie Daniels (20 2x4 n.u.n) die beste gevaar. Hulle het Stellenbosch se totaal verbygesteek met net twee paaltjies plat. Vir Paarl-Oos se tweedes was dit nie so maklik teen Piketberg nie. Piketberg se 233/8 was effens buite die bereik van die Paarliete wat net 179/10 kon aanteken. Die kolwers wat vir Paarl-Oos die beste gevaar het, was Edriqe Cook (20 4x4), Heino Erasmus (37 4x4), Llewellyn Cedgewick (20 2x4) en Wade Adams (20 3x4). Boulers wat goed met die bal gevaar het, is Adams (8-0-42-2), Van Wyk (8-1-49-3) en Justin Petersen (4-0-31-3). Saterdag pak Paarl-Oos I vir Maties in die Jive Pro Twintig20 op Stellenbosch, terwyl die tweedes vir Mbekweni I pak op die New Orleans-velde. Die derdes speel op die Allandale-velde teen Van der Stel III.
More
News
|