KLASSE in keramiek word aangebied deur Desireé Malan by die Breytenbach-sentrum op Wellington.
Belangstellendes kan kies of hulle die oggendklasse of die aandklasse wil bywoon.
Die oggendklasse is Donderdae (10:00 tot 12:15) vanaf 3 Februarie tot 14 April. Die aandklasse is Woensdae (19:00 tot 21:15) vanaf 2 Februarie tot 13 April. Tien lesse word aangebied teen R85 per les.
Glasuur, 10kg klei en die bak van items wat in die klas gemaak word, is ingesluit by die fooi. Bespreek by Desireé by 082-862-3649 of earthbutterstudio@ gmail.com. Plek is beperk.