Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oewer van Bergrivier vervuil deur dronkenskap

Oewer van Bergrivier vervuil deur dronkenskap
 
2011-02-03

Lise Beyers

LEDE van Paarl Muurbalklub was Sondagoggend geskok om te sien hoe daar weer eens tot vroegoggend langs die oewer van die Bergrivier makietie gehou word.

Maar dit is glad nie ’n vreemde verskynsel vir die sportklubs hiér om begroet te word deur fuiwery nie.

“Byna daagliks as ons hiér aankom lê die wêreld vol vullis, leë drankbottels en besope mense.

“Sondag het ons muurbalspelers van dwarsoor die Boland by die klub onthaal vir die Boland-proewe en hulle moes hierdie barbaarse optredes deur dronk mense aanskou. En binnekort het ons gaste van dwarsoor die land hier vir ’n byeenkoms.

“Die mense wat langs die rivier kuier staan oop en bloot, helder oordag, en urineer. Watter beeld dra dit uit van hierdie dorp?”

Met Paarl Post se aankoms Sondagoggend by dié gebied, het nie minder nie as drie mans in die middel van die pad wat na die Arboretum lei geürineer.

Ander het kiste vol drank uit hul motors gelaai terwyl hul musiek vanuit voertuie in die stilte van Sondagoggend weergalm het.

“Weens hierdie probleem is ’n sekuriteitsbeampte aangebring by die ingang tot die sportperseel, maar dit help niks nie. Mense kom en gaan en doen soos hulle wil.

“Met Sondagoggend se voorval moes ons twee keer die polisie bel voordat hulle opgedaag het. Daar is geen wetstoepassing langs die rivier nie.”

Dit is nie net die sportklubs wat beswaard is deur hierdie bedrywighede langs die Bergrivier nie, maar talle inwoners wat die natuurskoon van die gebied geniet, het ook al dikwels hieroor gekla.

’n Polisiebeampte het vertroulik gesê, dat alhoewel openbare dronkenskap teen die wet is, is dit baie moeilik om te beheer.

“Daar is eenvoudig net nie mannekrag hiervoor nie. Ons probeer wel om sulke optredes te verhoed, maar dikwels sal hulle die area verlaat, net om elders ’n gebied te vind om te gaan kuier.”

* Rowdy partygoers are infesting the Berg River next to the Paarl Squash Club during drunken sprees.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za