Kuns/Arts Calendar
2005-10-13
Kuierplek: DJ Dean is nou elke Vrydagvan 21:00 tot laat by Raphello’s Pub op die hoek van Lady Grey- en Eilandstraat (regoor Sasko) in die Paarl.
Teaterkafee: Johnathan Martin is Saterdag om 20:30 by Dorpstraat op Stellenbosch en Maandag is daar weer Tango-klasse (19:15). Dinsdag is die Gautengse band HI-5 daar en Woensdag 19 en Donderdag 20 Oktober is Klopjag aan die beurt. Lindie Stander in die komedie ‘10 teen 1 wéér alleen’ is Vrydag 21 Oktober daar. Bespreek by 886-6107.
Goons: ‘Ying Tong - walk with the goons’ opens at Theatre on the Bay, Camps Bay tomorrow night. Book at Computicket.
Boekpraatjies: Ebbe Dommisse en Willie Esterhuyse, wat onlangs die biografie “Anton Rupert - ’n Lewensverhaal” gepubliseer het, is Saterdag om 11:00 in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) om oor dié omvattende werk te gesels. Linde Dietrich, wat verantwoordelik was vir die Engelse vertaling hiervan, is ook daar. Saterdag 22 Oktober gesels Van Strydom van der Merwe, die bekende landskapkunstenaar, oor sy pragboek, “Sculpting the land”. Skakel 882-9100 vir meer besonderhede of besoek die webblad www.protea boekhuis.co.za.
Kunstefees: Kleingim hou kunstefees vandag en môre van 18:00 tot 21:00. Besoek ook die kunsmark van 12 tot 14 Oktober van 10:00 tot 20:00 in die skoolsaal.
Vrouedag: “Wees ’n pilaar en ’n stille krag in Hom” - Riana en vriendinne gesels en bid saam in die Kuierkamer @ Kikka Coffee Shop (Hoofstraat) van 10:00 tot 11:00. Navrae: Riana Scott, 082-7722-300.
Aspoestertjie: Dié gewilde ballet-feëverhaal kan tot 22 Oktober by Kunstekaap gesien word. Dit is deur Veronica Paeper gechoreografeer en aksentueer haar aanleg vir die komiese. Die Kaapse Filharmoniese Orkes, gedirigeer deur Michael Hankinson, sal die musiek van Prokofiev by uitgesoekte opvoering uitvoer. Kaartjies van Kunstekaap-Bel-’n-Sitplek, 421-7695 of Computicket http://www.computicket.com.
Artscape: The Night of a 100 Stars, Cape Town’s largest benefit concert, will be in the Artscape Opera House on Sunday 23 October at 18:30. A glittering evening of the finest South African Entertainment compared by Mark Banks and directed by well-known theatrical director Fred Abrahamse. supper accompanied by superior. Book at Computicket.
More
News
|