Ou skuld afgeskryf deur Raad
2011-02-03
DIE Drakenstein stadsraad het verlede week besluit om ’n veldtog te loods om belastingbetalers te oortuig om hul ou skuld af te betaal. Mense wie se munisipale rekeninge tans opbetaal is, maar wat skuld het wat dateer van voor 1 Julie verlede jaar, kan 50% afslag kry op agterstallige skuld. “Vir elke rand wat jy afbetaal van die ou skuld, kry jy een rand afslag,” het raadslid JT Basson (portefeuljehouer finansies) gesę. Dit geld vir private persone, besighede, kerke, almal wat ou skuld het, maar op datum is met hul jongste rekeninge. Ook gestorwe boedels en insolvente boedels kan reëlings tref met die munisipaliteit. Hulpbehoewendes word ook genooi om gebruik te maak van die munisipaliteit se subsidieprogramme. By navraag het Basson gesę die veldtog word geloods om Drakenstein te help om sy boeke skoon te maak van ou skuld. “Dit is algemene praktyk van munisipaliteite om by geleentheid skuld af te skryf. Ons het dit die afgelope vyf jaar nie gedoen nie - dit is nou tyd om die boeke skoon te maak.” * The Drakenstein Municipal Council has approved a debt relief programme for residents to write off old debt predating the current financial year (see page 23).
More
News
|