Vier ATKV-Afrikiti
2005-10-13
DIE ATKV kom vier hul 75ste verjaarsdag met hul Afrikiti-konsert tydens die Stokkiesdraaifees op Woensdag 26 Oktober om 19:00 op die Boland Stadion.
Die Afrikiti is ’n onvergeetlike jol, die grootste Afrikaanse multi-mediaproduksie ooit!
Daar’s musiek, komedie, interessante feite en oudio-visuele insetsels oor groot oomblikke en onvergeetlike mense in die geskiedenis van Suid-Afrika en Afrikaans, alles meesterlik saamgevoeg in ’n kookwater-teks deur Saartjie Botha en Hennie van Greunen.
Die ‘kokke’ van hierdie lekker Afrikaanse hutspot is Nina Swart, Soli Philander, Rina Hugo, Hi-5 en Sibongile Mngoma saam met ’n vyfstuks orkes.
Die regie is deur AJ van der Merwe en Lulu van der Walt.
Mens lag, jy dink met heimwee terug en jy leer meer oor ons wonderlike land Suid-Afrika in die heel beste taal ter wêreld: Afrikaans.
Want Afrikaans kóók, en jy kan dit self uitvind by die Stokkiesdraai Kunstefees.
Bespreek jou plek en kom rock, skoffel, kwela en kwaito saam in Afrikaans! Bespreek by Computicket.
More
News
|