DIE eerste Mega Steak Week vind van 14 tot 16 April by Boland Landbouskool plaas in samewerking met Agri Mega, om te fokus op die Wes-Kaapse rooivleisbedryf.
Grootveeproduksie is ’n volhoubare boerdery-aktiwiteit en het besonderse waarde as ’n aanvullende produksielyn vir die tanende graanbedryf.
Mega Steak Week gaan fokus op beeste, volstruise, wild, rooivleisgroothandel en die abattoir-bedryf om die tema “Van Hoef tot Bord”. Die program spog met top kunstenaars, vleisverwante kompetisies en ’n plaaswerf vir kinders. Werkswinkels, vee-aktiwiteite en vleisverwerkingsdemonstrasies sal ook by die ekspo wees.
) Die Bien Donné Agri Cape Week word vanjaar aangebied van 4 tot 6 Mei te Bien Donné en sal fokus op vrugte en groente, in samewerking met Agri Mega.
Vername fokusse in 2011 is voedsel-inkopiesentrums in informele woongebiede, plaaswerkers, vroue-in-landbou en ’n jeugleierskonferensie.
Meer inligting vir uitstallers wat by die ekspo’s betrokke wil raak, is verkrygbaar van Reinette Basson by 021-863-0701 of 021-863-0397 of besoek www.agrimega.co.za.