WEER eens haal Paarl Gimnasium die voorblad van koerante om verkeerde redes. En weer eens moet ek my kop in skaamte laat sak oor die feit dat ek ’n oudleerling is.
In my dae het ons die agterblad gehaal met sportprestasies en die middelblad met die jaarlikse akademiese prestasies.
Ek wil regtig vra dat daar daadwerklike stappe deur die skool se bestuur geneem word om enige verdere negatiewe beriggewing aan te spreek, al moet dit beteken dat sommige personeellede die trekpas kry.
Oud-leerling 1978