Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koos en Rocco is 'n fees

Koos en Rocco is 'n fees
 
2005-10-13


DIE uitstekende produksie van Koos Kombuis en Rocco de Villiers, “Koos en Rocco, Kombuis en Bar, Klavier en Kitaar” is een van die besliste hoogtepuntproduksies wat na die Stokkiesdraaifees gebring word deur Three Ships Whisky.

Verwag ’n kitaar, maar ook ’n vleuelklavier; stukkende jeans, maar ook ’n ontwerperspak. Dié produksie vind plaas op Maandag 24 Oktober om 20:00 in die Hugenote Hoërskoolsaal.

Koos Kombuis en Rocco de Villiers span saam en vertolk van Kombuis se ou en nuwe liedjies. Rocco doen klavierverwerkings van Koos se ou en nuwe liedjies in sy unieke, kenmerkende styl.

Koos steek aan by Rocco se energieke verhoogstyl en sing sy werke sommer met nuwe geesdrif.

Die produksie beloof veel meer as net ’n sanger, begelei deur ’n pianis.

De Villiers speel ’n klavier dat dit soos ’n hele orkes klink en plaas Kombuis se liedjies in ’n verfrissende konteks.

Dis ’n partie, ’n jam, ’n jol, ’n tweegesprek en 'n meesterstuk.

Bespreek by Computicket.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za