Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Deurmekaar oor afgeskryfde skuld

Deurmekaar oor afgeskryfde skuld
 
2011-02-10


JANUARIE is maar soos gewoonlik die maand waar elkeen die finansiële druk ietwat meer voel as die ander maande.

Dit het my genoop om uit te stel met die betaling van my munisipale rekening vir Januarie. Geweldig was my skok toe ek Vrydagmiddag 28 Januarie elektrisiteit koop en slegs 5% van die bedrag ontvang. Skielik het die naweek oneindig donker en lank gelyk met die munisipale kantore gesluit.

Braaivure en ’n gasstofie was al genadige uitkoms uit dié dilemma.

Maandag (31 Januarie) wag ek by die munisipale kantore in ’n lang ry. Daar word dit kalm aan my oorgedra om die Januarie 2011 rekening te vereffen alvorens die vlag afgehaal sal word en ’n klein persentasie van die Februarie 2011 rekening ook!

Om die dolk nog dieper in my hart in te druk, was dit aan my oorgedra dat 50% van die skuld van mense met ou skuld afgeskryf gaan word! Hoe werk dit? Verward




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za