DIE Suid-Afrikaanse Rugbyunie het verlede jaar bepaal dat alle skeidsregters, afrigters en ander beamptes betrokke by rugby ’n Boksmart-sertifikaat benodig om vanjaar toegang tot rugbyvelde te kry.
Met die seisoen wat reeds begin het, moet belangstellendes gou spring om die kursus te voltooi. Oor meer besonderhde oor die kursus, wat vier uur lank is, kan belangstellendes vir Gielie Bester (072-198-1609) skakel.