Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos 1 val vas teen Maties

Paarl-Oos 1 val vas teen Maties
 
2011-02-10


PAARL-OOS se kolwers kon verlede Saterdag slegs 108/8 teen die Maties aanteken in hulle Jive Pro Twintig20-wedstryd. Dit nadat Maties 153/5 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken het.

Kolwers vir Paarl-Oos wat lopies aangeteken het, was Bruce Miller (25 3x4 1x6), Elroy Abrahams (25 1x4 n.u.n.) en Wayne Minnies (25 1x6 n.u.n.). Tiaan Cloete (4-0-23-2) en Jackie Daniëls (3-0-17-2) het goed met die bal gevaar.

Paarl-Oos se tweedes het met 111 lopies teen Mbekweni I gewen. Kolwers wat goed gevaar het, was Heino Erasmus (57 7x4), Enrico Appollis (52 7x4 1x6 n.u.n.) en Dennis November (25 2x4 1x6).

Mbekweni I kon slegs 142 (almal uit) aanteken nadat Llewellyn Sedgwick (8-0-37-2), Chaigen Rens (5-0-13-2) en Heino Erasmus (2,2-0-6-2) goed met die bal gevaar het.

Die derde span het hul wedstryd teen Van der Stel met vier paaltjies gewen. Van der Stel het 162/10 aangeteken met Paarl-Oos wat die totaal verbygesteek het met nog 4 paaltjies in die bank.

Kolwers wat goed vertoon het, was Dane Schoor (39 4x4), Curtley Davids (55 8x4 1x6) en Preston Abrahams (25 3x4 1x6 n.u.n). Roderich Allies (6.4-0-25-5) en Marquin Goliath (6-0-36-2) het die meeste van die paaltjies ingeoes.

Saterdag speel die tweedes teen Mbekweni I in ’n Pro 20-wedstryd. Die klub hou ook op 14 Februarie ’n gholfdag by die Paarl Gholfklub. Kontak vir Justin Watts (073-297-1822) vir meer besonderhede.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za