Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drakenstein Edu kom sleg tweede

Drakenstein Edu kom sleg tweede
 
2011-02-10


IN hul eerste T20 wedstryd het Drakenstein Edu se eerste krieketspan Saterdag teen Worcester United met 9 paaltjies verloor.

Drakenstein het eerste gekolf en kon net 93 lopies aanteken met kaptein Chester Kuiler (27) die beste kolwer. Worcester het die telling in die 13de beurt verbygesteek met net 1 paaltjie plat.

Drakenstein se tweedes het in ’n riller met 3 lopies teen Easterns II verloor. Easterns het eerste gekolf en ’n goeie 199/7 in hul 40 beurte aangeteken. Drakenstein het danksy goeie bydraes van James de Wet (37), Gerwin Cook (29), Jade Harmse (29) en Franco Davids (21) tot by 196/9 in hul 40 beurte gevorder, slegs 3 kort van die wenteiken.

Die klub se derdes se wedstryd teen Coronation III is afgestel omdat daar nie ’n veld in Pniel beskikbaar was nie.

Saterdag speel die eerste span op Cput teen Bergrivier in ’n T20-wedstryd, terwyl die derdes na Northdene reis. Sondag is die eerste span weer op Cput in aksie wanneer hy Piketberg in ’n 45-beurte wedstryd die stryd aansê.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za