Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Egoli in die Boland

Egoli in die Boland
 
2005-10-13


EEN van die hoogtepunte van die Stokkiesdraaifees is die Egoli Dag op Saterdag, 29 Oktober, aangebied deur OUTsurance.

As jy nog altyd gewonder het hoe dié sterre in lewende lywe lyk, is dit jou kans, want sestien van jou gunsteling akteurs kom maak ‘n Stokkiesdraai!

Die akteurs wat die dag te siene gaan wees, is Michelle Pienaar (Audrey), Stefan Ludik (Werner), Marguerite Wheatley (Doreen), Ebi Halberstadt (Braam), Mandi du Plooy (Lara), Marlon Roelfze (Shaun), Hannes van Wyk (Krynauw), Darryl Desmarais (Stephen), Jana Strydom (Marcelle), Corine du Toit (Jane), Chris Linford (Rex), Paul Buckby (Adam), Chanelle de Jager (Des), Lindie van Eeden, Tessa Danker (Star Maker Story wenner - binnekort op Egoli), Anton Fischer (Star Maker Story wenner - binnekort op Egoli).

Die Egoli-dag bestaan uit interaktiewe vertonings tussen die akteurs en die gehoor.

Die Egoli-sterre kom met weggepryse en vermaak vir meer as drie ure.

Die program sluit ook mooimaaksessies deur die Egoli-span, ’n modeparade uit die stel se klerekas, Egoli oudisies asook handtekeningsessies deur die akteurs in.

Om deel te wees van die modeparade of oudisies, kan die publiek die Paarl Mall op 26 Oktober van 13:00 tot 17:00 besoek.

Vervaardigers gaan aan lede van die publiek die kans bied om oudisies te doen vir Egoli en om in uitrustings van Egoli-karakters te modelleer.

Kom wees deel van die oudisies - wie weet, dalk sweef jy in Louwna se aandrok by die loopplank af of dalk is jy saam met die Egoli-sterre op die verhoog.

Besoek die OUTsurance stalletjie by die Paarl Mall en die Stokkiesdraai Kunstefees in Wellington tussen 22 en 29 Oktober, kry ’n OUTsurance-kwotasie en staan ’n kans om ’n ongelooflike R10 000 te wen.

Kry meer as net ’n kwotasie, kry ’n kans om te wen.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za