Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gru-moord skok Groenheuwel

Gru-moord skok Groenheuwel
 
2011-02-10

Lise Beyers

INWONERS van Groenheuwel steier steeds van skok ná die gru-moord op ’n gewilde jong vrou van dié gebied.

Saterdagaand om 22:00 het ’n stapper op die naakte liggaam van Bianca van Zyl in die Groenheuwel-begraafplaas in ’n plas bloed afgekom.

Haar keel is afgesny en sy is verkrag.

Bianca is Saterdagoggend om 10:00 laas gesien toe sy die huis in Preludelaan wat sy met haar ma, Brenda Arendse en haar driejarige seuntjie Breyton, gedeel het.

“Bianca was so ’n lieflike mens. Almal het van haar gehou,” het haar ma hartseer gesnik.

“Sy het nooit huis toe gekom nie, maar ons het nie toe onraad vermoed nie,” het haar ma gesê.

Maar kort ná 22:00 die aand het Brenda se ergste vrese bewaarheid geword. Sy is in kennis gestel dat haar dogter se liggaam skaars 200m vanaf hul huis gevind is.

“Alhoewel mense in die geboue reg langsaan die begraafplaas woon, sê niemand dat hulle weet van iets nie.”

Bianca se gesig was glo vol slaanmerke en daar was bytmerke aan haar liggaam.

Langs haar het ’n hoop bebloede klere gelê en by nadere ondersoek het dit die polisie gelei na ’n verdagte, Jeffrey Meintjies (24).

Meintjies, ’n getroude man, is ook woonagtig in Preludestraat en is bekend in die gebied as diaken van die Broeders van Vrede Gemeente in Fairyland.

Maar Meintjies se verweer aan die polisie was dat hy dié aand deur twee jong mans beroof is saam met wie hy gekuier het.

Hy sê dat hulle sy klere gesteel het.

Die twee jong mans is vir ondervraging ingeneem, maar geen klagtes is tans teen hulle gelê nie.

Paarl Post het vertroulik verneem dat daar verskeie ooreenskomste is tussen Bianca se moord en dié van Jolene Pie tersen in Oktober 2005.

Pietersen, ook 19 jaar oud ten tyde van haar dood, se half-naakte liggaam is in lang gras gevind teen die nabygeleë Greenfields woonbuurt.

Sy is ook verkrag en keelaf gesny. Haar moord is steeds onopgelos.

Bianca se begrafnis vind Saterdag om 10:00 plaas vanaf Edwinastraat 32 en om 11:00 by die VGK kerk, Groenheuwel.

* A teenage girl has been brutally raped and murdered 200m from her home in Dal Josaphat.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za