Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skoonheidskompetisie vir die kleinspan

Skoonheidskompetisie vir die kleinspan
 
2011-02-10


DIE Little Miss Winelands se kroningsplegtigheid vind vanjaar op 12 Maart plaas.

Daar is vier kategorieë naamlik Tiny Twinkle (3 tot 5 jaar), Pearly Perfect (6 tot 8 jaar), Beautiful Blossom (9 tot 11 jaar) en Pretty Pre-Teen (12 tot 14 jaar).

Die organiseerders fokus op natuurlike skoonheid, talent en persoonlikheid. Die wenners sal wegloop met lekker pryse.

Die kompetisie bied ’n uitstekende ondervinding vir kinders en dit is baie pret. Inskrywings sluit op 18 Februarie.

Tydens die kroningsplegtigheid op 12 Maart sal ’n gaskunstenaar optree en familie en vriende van die deelnemers, sowel as lede van die publiek, word uitgenooi om dié funksie by te woon.

Kaartjies vir hierdie geleentheid sal te koop wees by finaliste se ouers, sowel as by die organiseerder Rietha Kruger by 083-460-2324 of per e-pos by info@misswinelands.co.za. Vir meer inligting, besoek www.misswinelands.co.za.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za