Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe studente: Boland is warm, maar lekker!

Nuwe studente: Boland is warm, maar lekker!
 
2011-02-10

Abrie Burger

DIE nuwe akademiese jaar het pas afgeskop in die warm Boland en daar is honderde nuwelinge by CPUT Wellington en Boland Kollege in die Paarl.

Hulle moet aanpas by die kampuslewe en koshuislewe ver van die huis en sonder luukshede soos TV in die kamer klaarkom.

Ashley Dreyden (21) van Velddrif sê die Wellington-omgewing is baie lekker en hy geniet veral die sport. Hy speel tans rugby vir Wellington.

“Die streek is ryk aan kultuur maar ek mis net die seelug soms.”

Truweda Deelman (18) van Prins Albert, sê sy vind Wellingtonners vriendelik.

“Hier is baie ontspanningsplekke en ek gaan dikwels uit.” Sy sê ook dat sy veilig in die plek voel.

Stephanie Lahoo (19) van Tulbagh sê Wellington is tans ’n bietjie warm vir haar: “Die mense hier is baie na aan mekaar, maar ek sal dit nie my tuiste wil maak nie.”

Sharleen van Rooyen (21) van Clanwilliam sê Wellington is baie groot in vergelyking met haar tuisdorp.

“Hier is baie winkels en die mense is soos een groot gesin. Dit is egter nie soos Clanwilliam waar jy gemaklik op jou selfoon in die straat praat nie.”

Shauda Papier (18) van Keimoes sê daar is ’n groot verskil tussen Wellington en Keimoes: “In Keimoes kan jy die winkels tel. Die plek is groter, maar die mense wat ek hier raakloop, is ook gaaf.”

Shauda sê sy sal nie aan die vinnige lewe gewoond kan raak nie en sal liefs Kaapstad vermy.

Yannich Petersen (22) van Lambertsbaai vind Wellington baie interessant: “Ek ontmoet nuwe mense en hou daarvan om te hoor van die plekke waar hulle vandaan kom.

Hier is baie meer mense as op Lambertsbaai, dis lekker, maar ek sukkel nog om gewoond te raak aan die hitte ver van die see.”

Petronise Morris (19) van Namakwaland geniet Wellington ook: “Ek voel veilig hier en het nog nie misdaad teëgekom nie.”

Nicole Naudé (19) van Ceres sê sy hou van Wellington omdat dit meer geleenthede bied om by gemeenskapsprojekte betrokke te raak.

Charl Oosthuizen (21) van Rawsonville sê hy hou van Wellington se kuierplekke en die wingerde wat hy in Wellington sien- dit voel baie dieselfde as sy tuisdorp.

Francois Booysen (27) van Clanwilliam vind Wellington meer bedrywig met meer dinge om te doen en te ervaar.

Estian van der Merwe (21) van Bellville sê hoewel daar meer geleenthede in sy tuisdorp is, is die kleiner dorp vir hom lekker.

Lumeca Adams (21) van Moorreesburg wat by Boland Kollege Paarl-kampus studeer, sê sy hou van die Paarlse mense.

“Hulle kommunikeer gou met ’n mens. Dit is net die hitte wat somtyds pla.”

Fezile Booi (21) van Stellenbosch, sê hy geniet ook die Paarl-omgewing en dit is vir hom lekker om nuwe gesigte te sien.

“Dit is ’n goeie plek behalwe vir die rooftogte wat soms by die treinstasie plaasvind. My suster is onlangs beroof by Huguenot-stasie.”




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za