Feesnaweek op Franschhoek
2005-10-13
n GROOT verskeidenheid klassieke musiekkonserte en ander aktiwiteite word tydens die laaste naweek van Oktober op Franschhoek aan)gebied tydens die derde Hugenote Fees.
Die Franschhoek Klassieke Musiekfees bied talle hoogstaande konserte aan, waarvan ses in die NG Kerk in Franschhoek.
Ander konserte word in restaurante en wynkelders gehou. ’n Ete of iets te drinke word soms saam met die konsert aangebied.
Vir die meer sportiewe mense is daar die geleentheid om of deur die dorp te stap of in die berge rondom Franschhoek te gaan stap met kundige gidse soos prof Izak Rust en Jan Victor.
Die volledige program lyk soos volg:
* Donderdag 27 Oktober
19:00: Klassieke kitaar (James Grace), Klein Oliphantshoek, 876-2566.
* Vrydag 28 Oktober
19:00: Kamermusiek vir klarinet, fagot en klavier (Diane Bures, Todor Balkandjiev en Christopher Duigan), La Motte wynkelder, 876-3603.
20:00: Populêre liedere uit musiekblyspele (bariton Fredrico Freschi en Christopher Duigan), Piccata, 876-3534.
* Saterdag 29 Oktober
Gratis toegang tot die Hugenote Gedenkmuseum en die Hugenote Monument. Ondersteun die kunsmark by die Hugenote Monument.
Kom proe en koop van die uitstekende plaaslike wyne in die groot tent by die monument.
Onthou die roosuitstalling in die museum en die kinderkuns in die museum se anneks.
Kunstenaars soos Mika en Caro Bruwer tree deur die loop van die dag in die tent by die Hugenote Monument op. Caro se CD word bekendgestel.
09:00: Optog in Hugenoteweg (van Pippin tot by die Monument), met perde, veteraanmotors en motorfietse.
09:30: Hugenote Vereniging se jaarvergadering by museum.
09:30: Stap in Mont Rochelle, 876-2508 of 4792).
11:00: Bach, barok en jazz op met ’n marimba en vibrafoon met Magda de Vries en Frank Mallows, NG Kerk Franschhoek, 876-3603.
11:30: Staptog deur Franschhoek met prof Izak Rust, 876-2659.
13:00: Verskeidenheidskonsert deur al die feesmusikante, NG Kerk Franschhoek.
14:00 tot laat aand: Potjiekoskompetisie en kuier by die Monument (082-920-1932).
14:30 vir 15:00: Klavierduette met Anneke Lamont en Christopher Duigan, Haute Cabriere, 876-8500.
16:45: Opera met sopraan Zanne Stapelburg en pianis Francois du Toit, NG Kerk Franschhoek, 876-3603.
19:00: Mozart se klarinetkonsert en vele ander (Diane Bres en Christopher Duigan), La Grange, 876-2155.
19:30: Tygerberg Kinderkoor, NG Kerk Franschhoek (083-976-5353). 20:00: Dans vir almal, Barnyard. Navrae: Robyn, 874-1505
* Sondag 30 Oktober
07:00: Biduur by die Hugenote Monument
09:30: Erediens, NGK Franschhoek
11:00: Barok ensemble, NGK Franschhoek (876-3603)
12:30 vir 13:00: Kerimov Trio (Elena en Boris Kerimov en Christopher Duigan) speel Beethoven sonates, Haute Cabriere, 876-8500
15:00: Hervormingsgedenkdiens, monument. Almal welkom
15:00: Ses tjelliste tree gesamentlik op. Hulle speel klassieke werke asook komposisies van Alan Stephenson, NGK Franschhoek, 876-3603.
17:00: Drie pianiste (Francois du Toit, Anneke Lamont en Christopher Duigan) speel afsonderlik en een keer selfs gesamentlik (ses hande op een klavier!), Haute Cabriere, 876-8500)
19:00: Finale, Piccata, 876-3534.
* Van Maandag 31 Oktober tot Saterdag 5 November, van 09:00 tot
17:00 is daar ’n Kersmark in die NG-gemeente Franschhoek se kerksaal. Skakel Amelia (072-254-7722) of Karen (083-976-5353)
* Die Hugenotefees word deur die Hugenote Vereniging van SA gereël. Skakel Amelia (072-254-7722) of Karen (083-976-5353) vir meer besonderhede.
* Die Franschhoek Klub reël die potjiekoskompetisie. Skakel Floris Koegelenberg (073-221-1460) vir besonderhede.
More
News
|