DIE bekende Breyten Breytenbach se nuutste bundel, “Die Beginsel van Stof” word op Donderdag 17 Februarie om 19:00 by die Breytenbach-sentrum in Wellington bekend gestel.
Breytenbach sal in gesprek tree met Louise Viljoen en ’n voorlesing word gedoen deur Antoinette Kellerman.
Schalk Joubert sal kitaar speel.
Bespreek teen 10 Februarie by 021-406-3477 of alicia.hendricks@nb.co.za of besoek www.breytenbachsentrum.co.za.