Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Botox-hoender: lees die pakkie

Botox-hoender: lees die pakkie
 
2011-02-17


GESONDHEIDSBEWUSTES maan al jare dat verbruikers die etikette op kos noukeurig lees om te verseker dat ons en ons kinders nie skadelike preserveer- en geurmiddels inkry nie.

Aan jou kant het gaan kyk wat op die verpakking staan van die sogenaamde Botox-hoenders: hoenderstukke wat ingespuit word met soutwater, allerhande fosfate en verdikkers voordat dit, dubbeld die grootte, gevries word.

Die verdikkers sorg dat die vloeistof nie uit die opgepofde hoendervleis loop en voortydig dié verneukspul weggee nie. Die verbruiker kry dan die helfte minder hoender nadat dit gaargemaak is omdat die soutmengsel uitkook.

Maar, dit is nie asof die verpakkers die feit dat daar nie net hoender in die pak is, geheim gehou het nie. Daar staan duidelik op die verpakking van een verdagte handelsmerk, dat die inhoud benewens hoender ook soutwater, fosfate en verdikker bevat. Geen indiepte ondersoek nodig om dit uit te klaar nie.

Dit sou net nie so ’n groot verrassing vir almal te gewees het nie, as ons kosetikette gelees het.

En dit is net hier waar vele kosverpakkers en vervaardigers wegkom met middels in kos wat miskien skadelik is vir mense, maar wat ou produkte nuut en swak gehalte na beter laat lyk.

Verbruikers moet voorbereid wees ten spyte van ’n gejaagde lewe en genoeg tyd vir inkopies beplan sodat etikette deeglik gelees kan word. Nie net word verbruikers met die hoender ingedoen nie, die ekstra fosfate wat bygevoeg word, is skadelik. Asmalyers veral is uiters sensitief vir fosfate en daarby lei te veel fosfate in kos en drank tot ’n wanbalans in noodsaaklike minerale, die verlies van kalsium in bene en die verkalking van sagte weefsel soos niere.

’n Mens moet net 70mg fosfaat per dag inneem. Kenners is dit egter eens dat dit met vandag se kitskos en vinnige etes baie moontlik is vir mense om sowat 500mg fosfaat per dag in te neem.

Ook interessant op die bevrore hoenderpak is dat elke 100g van die pak 10% proteïene en 20% vet bevat. Dit is dus nog vetterig ook. G’n wonder wat oorbly is maar karig nie.

Stuur jou verbruikersaak na aanjoukant@media24.com.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za