Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stokkiesdraai Kunstefees

Stokkiesdraai Kunstefees
 
2005-10-13


DIE vierde Stokkiesdraai Kunstefees vind van 22 tot 29 Oktober op Wellington plaas.

Die fees begin met 地 lekker Afskop-konsert Saterdag 22 Oktober om 19:00 in die Huisgenoot-tent.

Die bekende Pieter Smith, wat bekendheid verwerf het as die outjie wat so lekker volksliedjies sing, Rooies, die skreeusnaakse Alan Hughes en Wellington se eie Ron駘 gaan die fees op 地 hoogtepunt afskop.

Soos in die verlede bring die fees weer van die gewildste vertonings van vanjaar se KKNK na Wellington.

Die Stokkiesdraai Kunstefees 2005 produksies sluit in: Sussie Rafel nou uit met Marion Holm, Koos Kombuis en Rocco de Villiers, Ysterasters, 地 Egoli Expo, Dozi, Pieter Koen, Patricia Lewis en haar Supersterre-kompetisie en 地 Stokrock konsert met Ghapi en Valiant Swart.

Die ATKV Afrikiti-konsert gaan beslis ook een van die feeshoogtepunte wees.

Die Kunstefees beloof ook om verder te vermaak met 地 4x4 uitdaging vir Pa.

Vir Ma is daar 地 grimeerwerkswinkelsessie, tuinbou-oggend en 地 Vroue 4x4.

Vir die langasems is daar 地 pretdraf in die Bainskloof asook hope vermaak vir die kleinspan.

Die Boland hondekompetisie vind ook tydens die fees plaas.
Soos altyd sal daar heelwat te ete en te drinke wees.

Vir 創 meer volledige program besoek gerus www.stokkiesdraai.co.za of kontak 021- 873 3988. Kaartjies by Computicket.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za