Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl hét nog goeie sakemense

Paarl hét nog goeie sakemense
 
2011-02-17


EK is van mening daar is wel nog sakemense in die Paarl wat fokus op dienslewering en nie net daarop uit is om hul sakke vol te stop nie - en dit het ek onlangs weer beleef.

Op Donderdag 20 Januarie is my seun meegedeel dat hy in die polisiediens aanvaar is en op Sondagoggend daaropvolgend om 07:30 in Kaapstad moes rapporteer. Hy is aangesê om sekere dokumente saam te bring waaronder drie paspoort- of ID-foto’s. Onderaan die brief het “no exceptions” in vetgedrukte letters gestaan.

Hy het alles wat nodig was gereed gekry, maar in die warboel het sy ma die Saterdagaand voor sy vertrek agtergekom hy het nie voorsiening gemaak vir die dokumente nie. Nodeloos om te sê kry mens beswaarlik nie ’n apteek of foto-ateljee oop 20:30 op ’n Saterdag in die Paarl nie.

Ek het toe mnr Martin van John Martin Fotostudio by sy huis gaan soek, waarop sy vrou gesê het dat hy nie in die Paarl is nie. Sy het toe gesê sy sal ’n ander werker, genaamd Westley, in die hande probeer kry.

Om 21:00 het ek ’n oproep van Westley gekry waarop hy my aangesê het om hom 02:30 by die studio te kry.

So gesê, so gedaan en ek het hom op die afgespreekte tyd en plek ontmoet, maar het opgemerk hy het duidelik nie ledig by die huis rondgesit nie. My seun het toe sommer agt foto’s pleks van drie gekry! Baie dankie aan almal by John Martin Fotostudio en ook aan die papegaai wat aanhoudend “Hello John” aan my gesê het.

LM Nel, Paarl




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za