Sportdagboek
2011-02-17
*KRIEKET. In Saterdag se Jive 20Twintig A-liga wedstryde pak Young Peoples vir Stellenbosch en Distrikte, Paarl kom teen Hermanus te staan, Coronation speel teen Vredendal/Saldahna, Paarl-Oos speel teen Van der Stel en Wellington speel teen Maties. In die B-liga speel Bergrivier teen Worcester en Drakenstein Edu teen Ceres. ) *RUGBY * Paarl Rangers het onlangs vir Martin Kriel en John Filander aangewys as hulpafrigters. Oefeninge is Maandae tot Donderdae op Daljosafat. * Die Stellenbosch Rugby-akademie bied van 1-6 April ‘n rugby-vaardigheidskliniek, met wedstryde, aan vir o.13 tot o.19-spanne. Vanaf 6-8 April word daar ook ’n rugbykamp vir laerskoolspelers (Gr R - 7) aangebied. Vir inligting, kontak Alie Brand by 021-88-77-432 of alie@stellenboschrugbyakademie.co.za. * Riverstones oefen elke Dinsdag en Donderdag vanaf 18:00 op die New Orleans Krieketveld. Jaarvergadering op 22 Februarie (19:00) in die Orleansvale Laerskool. Skakel John-Arthur Goetham by 072-243-3436. * Young Standards het die voormalige WP Speler, Sammy Paulse, aangestel as direkteur en hoofafrigter vir die 2011 seisoen. Hulle oefen reeds Dinsdae en Donderdae om 18:30 te Boy Louw B-veld. Kontak vir Lee Scholtz by 082-598-5805 of Henley Goliath 079-526-7035 vir meer besonderhede. Algemene jaarvergadering word gehou op 22 Februarie (19:00) te Ebenezer skool. Junior oefeninge word by die Ebenezer skool aangebied. * Vineyards Rugby Club practises every Tuesday and Thursday at 18:30 at the Dal Josaphat Stadium. Contact Aslam Abrahams on 083-234-3988. * Franschhoek Rugbyklub is reeds besig met oefeninge op Maandae, Dinsdae en Donderdae (18:30). * Allandale oefen om 18:00 op Dinsdae, Woensdae en Donderdae by die gevangenis. Kontak Mike by 079-189-8647 of Lionel by 082-212-6319. * Young Gardens se junior spanne oefen by Paarlzicht Primêr op Dinsdae en Donderdae (17:00). Die senior spanne oefen op Daljosafat se E veld op Dinsdag en Donderdag om 18:00. Kontak Ivor van Schoor by 082-4322-966. * Windmeul United Rugbyklub se oefeninge is Dinsdae en Donderdae om 19:00 by die Windmeul Primêre Skool. Skakel Jannie Williams by 083-627-9576. * Lower Paarl (Blues) Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae by die New Orleans-velde. Hul jaarvergadering is op 22 Februarie om 19:00 by die New Orleans-velde. Kontak Adam Petersen by 071-957-1223. * Kontak hoofafrigter Oloff Bergh 084-620-3981 oor Wellington CPUT Rugbyklub se oefeninge. * Violets oefen Maandag en Dinsdag om 18:00 by Paulus Sêkonder. Die klub het ook Woensdae gimnasiumsessies by die voorsitter se woning. Die klub het op 25 Februarie ’n hoenderbraai teen R35 by Jakobstraat 13. Kontak Ashley Raubenheimer by 079-767-6046. * Hillcrest Rugbyklub se oefeninge te Pelikaan-sportvelde is Maandae tot Donderdae vanaf 19:00. Vriendskaplike wedstryde: 19 Februarie, Wesbank te Malmesbury. * Paarl Rugbyklub se oefeninge by die Boy Louw-velde sal op Dinsdae en Donderdae om 18:30 gehou word. Vir navrae, skakel 021-872-3317. * Roses United is tans besig met voorbereiding vir die 2011-rugbyseisoen. Oefeninge geskied elke Maandag, Dinsdag, Woensdag en Donderdag op Pelikaanpark en begin om 18:30. Vriendskaplike wedstrydprogram is: 19 Februarie, Samoa RVK (Moorreesburg). Kontak 083-497-5542. * Albions, wat reeds met sy voorbereiding begin het, oefen Dinsdae en Donderdae om 18:00. Skakel vir Stevie by 073-419-8476. ) *NETBAL * Die Paarl Netbalklub se oefeninge is op Maandag en Donderdag om 18:15 op die Zanddrift-bane. Alle belangstellendes kan Annelie Lucas by 083-377-2232 of Bennie Saayman by 083-462-6311 skakel. ) *SOCCER * Paarl Soccer Club’s annual general meeting is on Wednesday 23 February at 19:00 at the Clubhouse at the Boy Louw Sports grounds. * Paarl Soccer Club will be starting soccer training for Juniors from 14 years and up every Tuesday and Thursday from 17:00 to 18:30 (except school holidays) at the Boy Louw Sports grounds. All juniors are welcome. Contact Tony Litchfield (084-515-1416) for more information.
More
News
|