DIE voorlopers van die tweede ronde van die BMW Besigheid-rolbaltoernooi het mekaar Dinsdagaand op die Paarl Rolbalbaan die stryd aangesę in die derde ronde.
Sasko het BMW I in Groep A met 18–14 gewen en A.T.S het Drakenstein Munisipaliteit met 26–9 geklop.
In Groep B het BMW II vir Novel Ford 19–12 gewen en P.W.C het 15–13 met Tri-Trade afgereken.
Net vier onoorwonne spanne naamlik Sasko, A.T.S, BMW II en P.W.C is nog oor. Na die derde ronde staan sake nou so:
Groep A: Sasko 6+28, A.T.S 6+24, BMW 4+33, Marais Waardeerders 4+24, Donnees Engineering 4+17, Drakenstein Munisipaliteit 4-2.
Groep B: BMW2 6+26, P.W.C 6+12, Heinz Foods 4+11, Novel Ford 4+7, Inoxpa 4+7, Tri-Trade 4+1.
Vir meer inligting oor die stand van sake in die toernooi, kontak Jurie Wessels by 082-293-3568 of Richard Smidt by 071-136-5405. Volgende Dinsdag word die voorlaaste ronde beslis met die finale ronde op 1 Maart.