Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hugenote Kollege se getalle krimp

Hugenote Kollege se getalle krimp
 
2011-02-17


DIE Hugenote Kollege het vanjaar 200 van sy 800 studente oor. Dit is die gevolg van die uitfasering van die huidige akademiese aanbod wat teen die einde van 2012 voltooi moet wees.

Die uitfasering van graadkursusse volg nadat pogings tot samewerking en integrasie met universiteite op aandrang van die onderwysowerhede misluk het.

Indien al die studente slaag, sal daar volgende jaar maar sowat 57 studente oorbly.

Die herstruktureringsplan van die Kollegebestuur het aanvanklik die poste van 48 van die 72 personeellede geraak.

Die implementering van die plan word tans nog in konsultasie met personeel- en vakbondverteenwoordigers onderhandel en daar word voorsien dat heelwat minder poste uiteindelik afgeskaf sal word.

Verlede week het die 12 administratiewe personeellede verneem dat vier van hulle sal moet gaan, weens die dalende getalle.

Volgens ds André du Toit, hoof van bemarking en kommunikasie, het die Kollegedireksie opdrag gegee dat ondersoek ingestel word na die ontwerp en vestiging van ’n alternatiewe akademiese aanbod by die Kollege.

Dit is die hoop van die Direksie dat die Kollege in die toekoms steeds betrokke sal wees by onder meer opleiding in maatskaplike diensberoepe.

Intussen ontvang die Kollege steeds staatsubsidie via Unisa vir studente wat afstudeer waaruit lopende koste gedek sal word.

Die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap) is die eienaars van die kollege se geboue. Kragtens ’n ooreenkoms met die kerk bied die Kollege vanjaar verblyf in twee van die koshuise aan CPUT-studente.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za