Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die vergete boere van Vlakkeland

Die vergete boere van Vlakkeland
 
2011-02-17

Lise Beyers

DIE reuk van brandende vleis het Saterdag oor die Vlakkeland-varkhokke in Daljosafat gehang, toe ’n brand die lewens van 12 varke geëis het.

Die brand het omstreeks 15:00 deur die varkhokke van kleinboer Mzukisi Chasana gehardloop. Veewagters wat hiér woon het vlamme probeer blus met takke, want daar is geen water nie.

Hulle het wel daarin geslaag om van die varke na veiligheid te bring, maar 11 varke is op die plek doodgebrand, en nog een jong varkie het later aan brandwonde beswyk.

Chasana is verpletter deur die voorval, aangesien hy byna die helfte van sy vee tydens die brand verloor het. Die oorsaak van die brand is onbekend.

Volgens Chasana kry dié kleinboere naby Mbekweni baie swaar.

“Ons moet water vanaf Mbekweni aandra, aangesien hier geen water is nie. Die munisipaliteit het hierdie grond gegee, maar niks anders nie.”

Nog ’n kleinboer wat hiér vee aanhou, Pieter van Wyk van Wyksvlei, vertel ook van die opdraande pad wat die boerdery hier is.

“Ek boer byna elf jaar hier en dit raak net by die jaar erger.

“Ons watertoevoer is afgesny deur die munisipaliteit. En dan word ons vee keer op keer gesteel.”

Daar is destyds ooreengekom met die die munisipaliteit om hierdie stuk munisipale grond aan kleinboere te verhuur vir R70 per boer, per maand, wat water ook sou insluit.

Maar die veeplaas se water is deur die munisipaliteit afgesny, want die kleinboere het nie hul rekeninge betaal nie.

Daar is onlangs met hulle vergader, waartydens verteenwoordigers van die munisipaliteit aangekondig het daar word beoog om die plaas te verskuif na ’n plaas oorkant Voëlvleidam op die Wellington/Hermonpad. Die Vlakkeland-grond word benodig om huise te bou.

Maar die kleinboere het soos een man teen hierdie besluit vasgestaan.

“Hoe moet ons daagliks daar kom, om na ons vee te kyk?”, vra Kenneth Boniswa, ondervoorsitter van Mbekweni Veeboervereniging.

“Ons boere probeer net kos op die tafel sit. Behalwe vir ons eie welsyn bied ons ’n waardevolle diens aan die gemeenskap, want ons vleis is meer bekostigbaar as dié in winkels.”

* A small farmer of Vlakkeland has lost 12 pigs after a fire swept through his styes. This again highlights the plight of these farmers.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za