Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisieman stort ineen op Mandela-roete

Polisieman stort ineen op Mandela-roete
 
2011-02-17


’n FIKSE polisieman se lewe het die afgelope naweek aan ’n draadjie gehang, nadat hy tydens die Vryheidswedloop by Drakenstein-gevangenisdiens ineengestort het.

Wayne Arendse (28) en sy vrou, Astrid, het Saterdag aan hierdie groot pretloop deelgeneem met sowat 7000 deelnemers. Astrid het aan die 10km staptog deelgeneem, terwyl Wayne die 10km gedraf het.

Kort voor die einde van die wedloop het Wayne egter inmekaargesak en ophou asemhaal. Gelukkig was paramedici byderhand om hom tot hulp te snel.

Hy was vir ’n geruime tyd sonder suurstof, voordat hy weer begin asemhaal het.

Wayne is na Paarl MediClinic gesnel en hier is vasgestel dat hy ’n hartstilstand gehad het en in ’n koma was.

Sondagoggend het Wayne sy oë weer oopgemaak, tot die verligting van Astrid, wat by sy bed gewaak het. Hy was ’n bietjie deurmekaar, maar kon darem sy geliefdes herken. Hy is Dinsdag ontslaan en sterk tans tuis aan.

“Wayne is baie bewus van sy gesondheid en fiksheid. Hy gaan vyf keer ’n week gimnasium toe en hy hardloop en stap gereeld.

“As dit nie vir die flinke diens van dokters en ambulaanspersoneel op die toneel nie, kon die voorval noodlottig gewees het.”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za