Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Werkers sterf

Werkers sterf
 
2011-02-17

Lise Beyers

DIE veiligheid van plaaswerkervervoer het vandeesweek weer eens onder die soeklig gekom, nadat drie werkers op ’n plaasvragmotor dood is.

Die voorval het gisteroggend omstreeks 06:45 op die Noorder-Paarlpad naby Nieuwedrift Laerskool plaasgevind.

Volgens ooggetuies het die bestuurder van ’n vragmotor van JDK-boerdery sy afstand misgis toe hy ’n trekker wat ’n bak druiwe vervoer het, verbygesteek het.

Die vragmotor se spieëltjie het na bewering teen die trekker gestamp en die druiwebak het toe die agterkant van die vragmotor getref.

Die druiwe-bak het vermoedelik teen die werkers gestamp wat op die rand van die vragmotor se bak gesit het.

Drie mense, twee mans en ‘n vrou, is op die toneel aan ernstige kopbeserings dood. Nog 11 persone is beseer, waarvan twee ernstig.

Die bestuurder van die trekker is nie beseer nie.

Die vragmotor het seisoenwerkers na ’n plaas in Noorder-Paarl vervoer.

Traumaberading is beskikbaar gestel aan die oorlewendes.

’n Woordvoerder van die Paarl polisie, kapt Louise du Plessis, het op die toneel gesê dat die oorledenes waarskynlik agter op die rand van die vragmotor se bak gesit het.

“Dit is uiters gevaarlik en hierdie ongeluk is ’n bewys daarvan.

“As die werkers veilig binne-in die bak gesit het, sou die noodlot hulle nie getref het nie.”

Nog kommer is uitgespreek oor plaas- voertuie wat ook dikwels meer mense vervoer as waarvoor die voertuie geskik is.

’n Saak van roekelose bestuur word ondersoek.

* Three farm workers were killed on Wednesday morning, when the lorry they were travelling in, struck a tractor and trailer while passing the vehicle.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za