SANGERES Kari van Jaarsveld, Ian Visser en Newton tree op Saterdag 19 Februarie om 20:00 by die Ou Meul-teater op.
/p>
Hulle gaan gaste vermaak met rock-n-roll musiek en ’n paar liedjies van Kari se CD, Uit die Karoo. Kaartjies is R80 en sluit ’n glasie wyn en peuselhappies in.
Kaartjies kan gekoop word by die deur of by 084-6540-321.
* Op 27 Februarie by die Afrikaanse Taalmonument is Kari weer op die planke in die tweede van ’n reeks Sondag Skemerkonserte by die monument.
Kari se kabaretstyl-vertoning sluit liedjies van haar debuutalbum, “Uit die Karoo”, in. Haar liedjies omvat die musiekstyle jazz, blues en swing en is geskryf deur die liedjieskrywer Stef Kruger, wat bekend is vir liedjies soos “Pennies op die Spoor”. Kari word begelei deur Bram Potgieter en Orkes van die Paarl.
Die konsert vind vanaf 17:30 tot 19:00 plaas en die hekke open reeds om 15:30.
Kaartjies is by die hek beskikbaar en is R30 vir volwassenes en R10 vir kinders. Toegang is gratis vir kinders onder ses jaar. Die konsert vind plaas op die boonste grasperk. Indien die weer sleg is, word die konsert afgestel.
Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of om een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (021-863-2800 of volksmond@taalmuseum.co.za).
Die monument is gedurende die somer daagliks oop tot 20:00. Vir verdere inligting oor geleenthede by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, skakel 021-872-3441.