Pret by kinderekspo
2011-02-17
’n KINDER-EKSPO word by WA Joubert Laerskool op 4 en 5 Maart aangebied. Die ekspo gaan uit ’n uitstalarea in die skoolsaal bestaan waar verskeie uitstallers hul produkte ten toon gaan stel en ’n teetuin waar die ouers gesellig kan verkeer. Die skool se rugbyvelde word afgeskort en verskeie springkastele en ander speletjies sal vir ure se vermaak sorg. Volwassenes kry gratis toegang tot die ekspo, maar die ingang na die speelarea is R40 per kind vir Vrydag en R60 vir Saterdag. Slegs kinders van 15 jaar en jonger sal by die speletjies toegelaat word. Die ekspo is Vrydag van 14:00 tot 18:00 en van 10:00 tot 18:00 die Saterdag. Uitstalruimtes teen R250 per m² is ook te koop. Vir uitstalruimtes, kontak Margaret by 021-870-1019 of 084-533-1608.
More
News
|