DIE St Albans Primêre Skool te Wellington hou karnaval by die skool op 11 en 12 Maart.
Daar sal vermaak wees vir oud en jonk met bekende sanggroepe en sangers wat optree, kosstalletjies, eetgoed en ’n biertuin. Toegang is R25 (R15 vir kinders). Voorafverkoopte kaartjies is beskikbaar teen afslag vir R20 (R10 vir kinders) tot 11 Maart om 17:00. Ritkaartjies is by die skool beskikbaar teen R8 per rit.
Vir stalletjies, kontak 021-873-2441.