Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Poësie-kompetisie

Poësie-kompetisie
 
2005-03-24


AFRIKAANSE poësie is besig om nuwe lewe te kry, en met reg ook, want soos Gerrit Komrij sê: “Dis asof Afrikaans vir die poësie gemaak is!”

Die Afrikaanse Taalmuseum nooi alle graad 11 en 12 leerders uit om gedigte in te stuur vir ’n poësie-kompetisie. Die wenner ontvang ’n prys van R1000.

Die gedig moet in Afrikaans wees, dit moet jou eie werk wees en jy mag nie meer as twee gedigte instuur nie.

Geen handgeskrewe tekste sal aanvaar word nie. Gedigte moet verkieslik nie langer as een A4-grootte bladsy wees nie.

Gedigte kan ingehandig word by die Afrikaanse Taalmuseum, Pastorielaan 11, Paarl of e-pos dit na hgm@taalmuseum.co.za, of pos dit aan die Afrikaanse Taalmuseum, Posbus 498, Paarl, 7620.

Die sluitingsdatum is Vrydag 3 Junie. Inskrywingsvorms kan verkry word by die Taalmuseum.

Navrae kan gerig word aan Catherine Snel by 872-3441.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za