Leefstylkalender
2011-02-24
* ATKV. Die ATKV Paarl-tak se algemene jaarvergadering word gehou op Maandag 28 Februarie om 19:00 by die Taalmuseum in Pastorielaan, Paarl. Kontak Sandra by 084-419-0761. * Reunion. A reunion party for all 2001 matriculants of Noorder Paarl High will be held on 4 March at the school hall from 19:00. Contact Adri (Trout) Kulsen on 072-476-6727. * Ondersteuning. Die Christelike Afhanklikheidsdienste (CAD) bied ondersteuning vir verslaafdes van enige afhanklikheidsmiddel (Tik) en hul families. Skakel Des by 072-966-7270. * Klasse. Die Paarl Community Church se Apostel en Profetiese Skool van Bediening bied klasse vir apostels en profete. Die klasse begin op 3 Maart. Skakel apostel Melby by 021-862-2377. * Karaoke. Die Annunciation Kerk Paarl hou op 27 Februarie om 17:00 in die kerksaal hul Gospel Karaoke. Inskrywings is gratis. Kontak John by 071-868-4048 of 071-890-5769. * Bonsai. Op Saterdag 26 Februarie gaan Carl Morrow, ’n professionele Bonsaikunstenaar, die Boland Bonsai Kai in die Stellenbosse Botaniese Tuin (09:00) toespreek oor die ontwerpmoontlikhede van inheemse bome. Bring probleembome saam. Kontak Pietman Retief by 082-554-1476 vir navrae.
More
News
|