DIE Paarl Blommeklub vergader Dinsdag 1 Maart om 19:00 in die NG Kerksaal te Denneburg, Paarl. Die tema is “Skeppende Ontwerp”.
Bessie van Zyl, Pieter Coetzee en Marika Smit sal stap vir stap demonstreer en verduidelik hoe om ’n ontwerp te skep.
Die ledekompetiesie se tema is “Dit Kom Van Ver”. Potte, plantmateriaal en bykomstighede “Van Ver” word hier gebruik om die tema uit te beeld.
Besoekers en nuwe lede is welkom. Skakel Farieda Essop by 021-862-2237 of Pieter Coetzee by 021-872-5171.