BELANGSTELLENDES kan nou inskryf vir Paarl Post se “Pet-look-alike”-kompetisie.
Om in te skryf, bring ’n foto van jou en jou troeteldier asook R50 inskrywingsgeld na die Paarl Post-kantore in Newstraat (langs Virgin Active). Alle foto’s sal op 10 Maart geplaas word. Die wenner van die kompetisie sal uitsluitlik bepaal word deur die hoeveelheid sms’e wat elke deelnemer ontvang. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 3 Maart om 14:00