Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Liefdesfees by Butterfly House

Liefdesfees by Butterfly House
 
2011-02-24


OP 4 Maart bied die kultuurorganisasie Kairos vir die vierde agtereenvolgende jaar hul Liefdesfees by Butterfly House in Fairyland, Paarl, om 18:30. Verskeie kunstenaars sal optree.

Kairos is die breinkind van skrywer Petro Gordon-Hendricks wat met haar vennote, Lutfie Hendricks en Margareth Jacobs, gereeld produksies bied om in die behoeftes van kunssinniges te voorsien.

Verlede jaar het die bekende sanger uit Namakwaland, Jan Isaacs oftewel Boeta Gammie die gaste op hul voete gehad by die fees wat toe by die Afrikaanse Taalmonument plaasgevind het.

Vanjaar se Liefdesfees word gehou ten bate van die kinders wat deur MIV geraak word en by Butterfly House in Fairyland versorg word (’n inisiatief van Drakenstein Palliative Hospice).

Jong aspirant-digters van Butterfly House, asook leerders van Bergrivier Sekondêr gaan hul eie gedigte voorlees.

Die bekende dansinstrukteur in Paarl, Herschal Golding en sy dansmaat Nicole Lackay gaan die gaste met Latynse danse (die dans van die liefde) vermaak.

Liefdesliedjies gaan deur onder andere Vicky Brink, Sydwell Beziek (wat pas sy debuutalbum bekend gestel het), en susters Maryke en Felicity Kiran wat veral bekend is vir oorsese optredes, gesing word.

Maryke gaan hierdie jaar vir die vierde jaar in Spanje toer en het al in Benidorm, Barcelona en Menorca opgetree.

Haar ouer suster Felicity het ook al in Spanje en in Holland getoer. Sy het ook verlede week saam met Allister Izobel in die produksie, “Now that’s music!” opgetree. Maryke en Felicity se nuutste produksie, “Le Femme” is van 8 tot 26 Maart by On Broad-way te sien.

Al die gaste gaan gevra word om hul uit te dos in hul beste aandklere. ’n Toegangsfooi van R30 word gevra.

Vir meer inligting aangaande Drakenstein Hospice, besoek www.drakensteinhospice.org.za of skakel die kantoor by 021-872-4060.

Vir kaartjies of navrae in verband met die Liefdesfees, kontak 021-862-3636 of Lutfie by 072-893-5651 of Petro by 076-304-9627.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za