Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man ondervra na moord

Man ondervra na moord
 
2005-10-13


MOONTLIKE verdagte is lank ondervra ná die verkragting en moord verlede naweek van ’n tiener van Greenfields, Daljosafat.
Inligting van die publiek oor ’n man wat na die voorval met bebloede klere opgemerk is, het die Paarl-Oos speurders na hom gelei.
Die man, ’n 45-jarige inwoner van die Greenfields omgewing, is egter nie met die voorval verbind nie en hy is nie aangekla nie. DNA-toetsing word gedoen.
Jolene Pietersen het voorverlede Saterdagaand haar ouerhuis saam met twee vriendinne verlaat en nooit teruggekeer nie.
Die meisies het later vertel dat hulle haar in die loop van die aand vermis het. Haar halfnaakte liggaam is vroeg die Sondagoggend in lang gras sowat 200m van haar woning in lang gras ontdek.
Die polisie is daarna oorval met talle oproepe oor moontlike verdagtes, mans wat die nag nie tuis geslaap het nie, of wat met wat soos bloed aan hul klere lyk, tuis gekom het.





More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za