Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Newton Primêr hou karnaval

Newton Primêr hou karnaval
 
2011-02-24


DIE Newton Primêre Skool in Newton hou karnaval op 11 en 12 Maart op die skoolgronde.

Daar sal heerlike vermaak wees en mallemeule wat sal sorg vir groot pret. Zinzi en Janine van 7de Laan sal ook by die karnaval te sien wees.

Daar sal ook ’n Newton’s Got Talent-kompetisie gehou word waaraan enigeen kan deelneem. Die inskrywingsgeld is R10 per persoon. ’n Verskeidenheid van eetgoed en lekkernye sal te koop aangebied word. Toegang is R10 (R5 vir kinders).

Enigeen wat belang stel om ’n stalletjie te huur, kan dit teen R500 vir die naweek bespreek. Vir navrae, kontak die skool by 021-873-2638 of 082-744-7658.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za