SMS-kommentaar
2011-02-24
Besoek asb Wellington-begraafplaas - tot nuwe grafstene is erg beskadig, dis skokkend! Johan *Ek het al gesien hoe vinnig die vragmotors ry wat plaaswerkers vervoer, teen daardie spoed kan ’n ongeluk nie vermy word nie. *Baie dankie mnr met jou Wit Isuzu Frontier wat op Donderdag 17/2/2011 by my gestop en jou hulp aangebied het toe my motor onklaar geraak het op die N1 in Kraaifontein. Dit is verblydend om te sien dat daar nog mense is wat omgee vir hul medemens. Ek waardeer dit opreg. *Waarmee moet ons ry? Wat is die veiligste - vragmotors taxi’s of busse *Verlore: blou ringnek papegaai in Groenvlei. Kontak Roche 084-512-4415 of 021-872-1391 na ure vir beloning. *VGK Bergrivier se BLB-lede, dis eenvoudig: Soek vir jul ’n ander kerk *Trekkers sonder spieëls met bestuurders nie bewus van voertuie agter hul, teen 40km per uur is GROOT frustrasie vir ander padverbruikers. *Roekelose bestuur, oorlaaide voertuig meestal oorsaak van tragedie. Hoe kan passasiers op rand van vragmotor se bak sit. *BLB: Woon kerkdiens by vir die boodskap, nie die boodskapper. *Hoekom soeklig weer op plaasvervoer plaas? Hoeveel verloor hul lewens in oorlaaide taxi’s. Drywers sonder lisensies of dronk, en dit gaan net voort. *Teen die trant wat dit nou verkoop word, is Lantanastraat kort voor lank “tik”-straat. *Appeals for the public to report vandalism, suspicious persons, crime etc. waste of time. Reports fall on deaf ears at police, even if you provide red hot proof like photos.
More
News
|