DIE studente van CPUT Wellington bied hul jaarlikse karnaval aan van 2 tot 6 Maart.
Die feestelikhede skop af met die kroning van Mnr Karnaval om 19:00 op Woensdag 2 Maart in die CP van der Merwe-saal.
Dit word gevolg deur die Band Slam met vyf orkeste wat optree op die CPUT-sportvelde van 18:00 op Donderdag 3 Maart (braaidromme word verskaf). Die ster van die aand, ten bate van kinderwelsyn, is rapper Jack Parow.
Vrydag 4 Maart word vlotte gebou by die studentesentrum en Saterdag 5 Maart om 08:30 begin die vlotoptog wat beweeg van Addystraat, deur Collegestraat na Kerkstraat, Jan van Riebeeckstraat en terug via Pentzstraat. Dit word gevolg deur ’n braai by die studentesentrum.
Die naweek word op 6 Maart afgesluit met ’n erediens om 19:00 in die NG Moederkerk Wellington.