Dankie aan verkeersman
2011-02-24
DAAR is ’n Drakenstein-verkeersbeampte, Tony Pietersen, wat soggens en saans tydens spitsverkeer die publiek so fassineer in Oos-Boschstraat. Die laaste ding wat jy soggens voor werk wil doen is om in die verkeer te sit, maar as beampte Pietersen besig is om die verkeer te reguleer, dan is dit voorwaar ’n plesier om na hom te kyk. Ja, hy het beslis ’n huppel in sy stap. Toe my kollegas vanoggend by die werk kom, het hulle van oor tot oor geglimlag!
Veronica
More
News
|