Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'Die Einstes'op Ou Meul se planke

'Die Einstes'op Ou Meul se planke
 
2011-02-24


OP Vrydag 25 Februarie om 20:00 kan die groep, Die Einstes, gesien word op die Ou Meul-teater se planke.

Die Einstes is ’n passievolle en energieke groep wat in Augustus 2008 op Stellenbosch ontstaan het.

As gevolg van hulle uiteenlopende musieksmaak kan Die Einstes se musiek die beste beskryf word as ’n alternatiewe akoestiese styl met Flamenco en “heavy metal” invloede.

Die Einstes spreek sosiale en politiese situasies en probleme uit ’n vergete Afrikaanse generasie aan, die dinge waaroor ander huiwer om te praat. Die groep bestaan uit Matthias Silbernagl, Thomas Theron, Pieter-Adriaan Stofberg (tjello) en Luca Hart (viool).

Kaartjies is R40 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za