Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Almal is geestelik kreupel

Almal is geestelik kreupel
 
2011-02-24


DIE ideaal is om te verneem dat ’n kerk in die media is, omdat sy haar uitspreek oor ’n maatskaplike uitdaging in die gemeenskap, maar as VGK-kind moes ek nie net met groot hartseer twee agtereenvolgende weke lees oor die oproer by ’n kerk nie, maar ook op ’n streeksradiostasie luister en op sosiale netwerke lees hoe dit vir hope debat sorg.

Albert Einstein het eens gesê, “Om ’n voorbeeld met jou lewe te stel, is nie net die heel belangrikste manier hoe jy invloed op ander mense se lewens kan hê nie, dit is ook die enigste manier.”

Dit is een van my beginsels dat ’n leier nie net lei en oplei nie maar ook ’n voorbeeld stel.

Ek kan ook nie help om te wonder of alle betrokkenes vir een keer al ooit stil geword het en gebid het vir wysheid nie, of gekyk het wat al hierdie oproer aan die gemeente doen nie.

In ’n mate stem ek saam met die regsverteenwoordigers dat al die partye om die tafel moet sit en tog die verskille kan oplos. Die kerk is immers God se familie en dit gaan nie oor ’n gebou nie, maar oor die mense en die geestelike ubuntu.

Die gebeure by die kerk is nie die eerste vir die VGK of die Ring nie en sal ook nie die laaste wees nie.

Elkeen van ons het iets wat ons geestelik kreupel maak en veroorsaak dat ons al hinkepink deur die lewe gaan.

Christen, Paarl




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za