Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wen kaartjies vir skemerkonsert

Wen kaartjies vir skemerkonsert
 
2011-02-24


’n NUWE stem uit die Karoo, Kari van Jaarsveld, tree op Sondag 27 Februarie by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op in die tweede van ’n reeks Sondag Skemerkonserte.

Dié senior argitekstegnikus het eers op 38 jaar haar sangstem ontdek toe sy in Julie 2008 aan ’n talentkompetisie deelgeneem het.

Kari se kabaretstyl-vertoning sluit liedjies van haar debuutalbum, “Uit die Karoo”, in. Haar liedjies omvat die musiekstyle jazz, blues en swing en is geskryf deur die liedjieskrywer Stef Kruger, wat bekend is vir liedjies soos “Pennies op die Spoor”.

Kari word begelei deur Bram Potgieter en Orkes van die Paarl.

Die konsert vind vanaf 17:30 tot 19:00 plaas en die hekke open reeds om 15:30. Kaartjies is by die hek beskikbaar teen R30 (R10 vir kinders, maar gratis vir kinders onder ses jaar).

Die konsert vind plaas op die boonste grasperk. Indien die weer sleg is, word die konsert afgestel.

Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of om een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (021-863-2800). Die skemerkonsert-reeks word ter ondersteuning van die opvoedkundige programme van Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument aangebied.

Die reeks sluit af op Sondag 13 Maart met ESP Band, ’n sewe-stuk jazz-groep van Stellenbosch. Vir verdere inligting oor geleenthede by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, skakel 021 872 344.

* Twee persone staan die kans om elkeen twee komplimentêre kaartjies te wen na die konsert van Kari op Sondag 27 Februarie. Stuur ’n e-pos met die naam Kari en jou kontakbesonderhede na kommunikasie@taalmuseum.co.za voor 12:00 op Vrydag 25 Februarie.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za